Die eienaar van ‘n inkopiesentum-kompleks in Bloemfontein meen ‘n merkpen is magter as dit kom by ‘onsensitiewe parkeerders.’
Hierdie foto’s wys hoe die vrou wat glo die eienaar van die inkopiesentrum in Erlichstraat in die stad is, op iemand se kar beskryf en geskryf het presies vir wie die parkering bedoel is.
Sy stel dit baie duidelik uit haar brief op die kar wat verder sal gebeur as die eienaar sal aanhou om daar te parkeer.
Uit die foto’s, wat gisteraand op Facebook geplaas is, is dit duidelik dat die kompleks-eienaar redelik omgekrap was met die gebruik van die parkering. Oordeel self:
(Foto’s: Facebook):
The post KAR BEKRAP VIR ‘ONWETTIGE PARKERING’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.