
Die Hooggeregshof in Kaapstad het gehoor dat Marli van Breda nie bereid is
om vir haar broer te getuig in sy moordsaak nie.
Die 22-jarige Henri van Breda staan tereg op drie aanklagte van moord en een van regsverydeling nadat hulle ouers en ouer broer in Januarie 2015 in hulle huis op Stellenbosch met ‘n byl vermoor is.
Marli het baie ernstige kopbeserings opgedoen en kan niks van die aanval onthou nie.
Sy was op die Staat se lys van getuies, maar is nie geroep om te getuig nie.
Die Staat het gister sy saak gesluit.
The post Bylmoorde: Marli gaan nie getuig nie appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.