
Die Staat se aansoek om verlof tot appèl teen Oscar Pistorius se vonnis van ses jaar vir moord sal op 3 November in die Appèlhof in Bloemfontein aangehoor word.
Pistorius is in Junie verlede jaar terug tronk toe nadat die Appèlhof sy skuldigbevinding aan strafbare manslag vir die dood van sy vriendin, Reeva Steenkamp, na moord verander het.
Die Staat beskryf die nuwe vonnis as skokkend lig.
The post Aansoek teen Pistorius se vonnis word November aangehoor appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.