
Daar word verwag dat Orkaan Maria, wat woed langs die Karibiese Eilande, sal versterk namate dit beweeg na eilande wat vroeër deur Orkaan Irma vernietig is.
Orkaanwaarskuwings is uitgereik vir tientalle eilande.
Maria gaan in die stadium gepaard met ‘n windspoed van sowat 130 kilometer ‘n uur en sal na verwagting binne 48 uur versterk.
Meer as 80 mense is in die Karibiese-gebied dood toe orkaan Irma, wat bestempel is een van die kragtigste storms in die geskiedenis, groot verwoesting gesaai het.
The post Orkaan Maria kan versterk appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.