
Baie min taxi’s is vanoggend op Kaapstad se paaie te sien nadat operateurs begin staak het oor onder meer beslaglegging op hulle voertuie.
Duisende pendelaars is gestrand en sakeondernemings en skole verwag ontwrigting.
Maxine Bezuidenhout van die Kaapstadse stadsraad sê geweld het ook op plekke uitgebreek.
Die Gautengse premier, David Makhura, sê intussen owerhede sal toeslaan op Uber- en metertaxibestuurders wat nie aan die wet voldoen nie in ‘n poging om die toenemende gebiedsoorlog tussen hulle te onderdruk.
Meer as 300 voorvalle van geweld is al in die provinsie aangemeld.
Makhura is bekommerd omdat daar tot dusver slegs teen 28 verdagtes opgetree is.
The post Taxi-bestuurders begin staak in Kaapstad appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.