
Brittanje het sy terreurvlakwaarskuwing van ernstig tot kritiek verhoog, wat beteken dat ‘n aanval enige oomblik verwag word.
Dit volg nadat 29 mense beseer is toe ‘n toestel gedeeltelik ontplof het op ‘n treinwa op die Parsons Green-moltreinstasie in die weste van Londen.
Premier Theresa May sê gewapende polisielede en soldate sal die komende dae die strate patrolleer.
Die terreurgroep Islamitiese Staat het aanspreeklikheid aanvaar vir gister se aanval.
The post Brittanje se terreurvlak word verhoog appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.