
Daar was ‘n ontploffing buite die Parson’s Green-moltreinstelsel in die weste van Londen.
‘n Aantal passasiers word vir brandwonde en ander beserings behandel.
Die teenterreurpolisie en die nooddienste is op die toneel.
Die Britse Minister van Buitelandse Sake, Boris Johnson het ‘n oproep om kalmte gedoen.
Die Britse Metropolisie sê intussen dat die voorval as ‘n terreurdaad verklaar is.
The post Ontploffing buite moltreinstelsel in Londen appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.