
Die burgerregtegroep, Save SA sê President Jacob Zuma moet sy dag in die hof kry om te antwoord op die 783 aanklagte van korrupsie en bedrog.
Die burgerregtegroep sê in ‘n verklaring die toegewing gister deur President Zuma se regsverteenwoordiger in die Appèlhof, is ‘n erkenning dat die voormalige hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Mokotedi Mpshe ‘n
onreg en ‘n fout begaan het toe hy die klagte teen Zuma in 2009 laat vaar het.
The post “Zuma moet sy dag in die hof kry” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.