
Agt bestuurslede van KPMG Suid-Afrika het bedank en die ouditeursfirma se verslag oor ‘n beweerde geheime eenheid binne die SA Inkomstediens teruggetrek.
Dit volg op onthulliings in die uitgelekte Gupta-e-posboodskappe nadat KPMG vir die omstrede familie werk gedoen het.
Die bestuurders wat bedank het, sluit in uitvoerende hoof Trevor Hoole, operasionele hoof Steven Louw en voorsitter Ahmed Jaffer.
Die firma beklemtoon dat die bewyse in dokumentasie nie die vertolking steun dat die gewese Finansminister, Pravin Gordhan, geweet of moes geweet
het van die beweerde eenheid terwyl hy kommissaris van die SAID was nie.
The post 8 van KPMG Suid-Afrika bedank appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.