
Die Oos-Kaapse Departement van Landbouhervorming is dringend besig om maatreëls in plek te stel om te verseker dat voëlgriep wat vroeër op ‘n plaas in Uitenhage uitgebreek het, nie verder versprei nie.
Die eerste voorval van voëlgriep in die provinsie is by ‘n pluimveemaatskappy,
Sovereign Food Investments aangemeld en 5000 hoenders is reeds van kant gemaak.
Die provinsiale direkteur van Veeartsenykunde, Lubabalo Mrwebi sê die plaas is onder kwarantyn geplaas.
The post Voëlgriep in Oos-Kaap: 5 000 hoenders reeds van kant gemaak appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.