
Onderrig is ontwrig in vyf skole in Thembalethu in George.
Die gemeenskap van die Suid-Kaapse woongebied het gister begin betoog nadat die provinsiale regering onwettige blyplekke afgebreek het.
Jessica Shelver van die provinsiale Onderwysdepartement sê brandstigting het ook voorgekom op die terrein waarop die Sekondêre Skool Thembalethu tans
gebou word.
In die Oos-Kaap sê die polisie die situasie is gespanne op Humansdorp na gister se betogings, skynbaar oor infrastruktuur-kwessies.
Woordvoerder Gerda Swart sê die gemeenskap het polisielede met klippe bestook en een geregsdienaar is beseer.
The post George-betogings: Skole ontwrig in Thembalethu appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.