
Die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini sal binnekort die media in Pretoria toespreek oor vordering met die nuwe maatskaplike toelaag-stelsel.
Die Konstitusionele Hof het in 2014 beslis dat die kontrak met die maatskaplike toelaagverspreider, Cash Paymaster Services onwettig en ongeldig was.
Die hof het in Mei vanjaar beveel dat Sassa en CPS moet voortgaan om die toelae uit te betaal totdat ‘n ander instelling gevind kan word om die betalings
oor te neem.
Die ongeldigheid van die kontrak is vir ‘n jaar opgeskort terwyl ‘n nuwe diensverskaffer gevind moet word.
The post Sassa: Dlamini sal vordering toespreek appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.