Daar is geen waarborge van voldoende reën vir die komende seisoen nie.
Volgens ‘n interministeriële taakspan wat deur die regering aangestel is om die droogte te monitor dui die langtermynvoorspelling op ’n ondernormale verwagte reënval en word min verligting vir die komende maande voorspel.
Waterbeperkings is in ’n groot aantal provinsies oor die land heen ingestel, met die mees onlangse beperkings in Gauteng.
Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens sal die droogte oor die grootste gedeeltes van die land voortduur en sal herstel vertraag word weens ondernormale reënval.
Netwerk24 berig huidige aanduidings is dat bo-normale reën en temperature eers in die vroeë somer in November, Desember en Januarie aanstaande jaar sal voorkom.
The post “GEEN WAARBORGE VIR REëN” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.