Polisie in die provinsie gaan nie agteroor sit nie al dui onlangse misdaadsyfers daarop dat die Vrystaat een van die veiligste provinsies in die land is.
Volgens die syfers, wat deur Butana Komphela, LUR vir polisie, paaie en vervoer, bekendgemaak is, het moorde met 5.3% gestyg, maar die meeste ander ernstige misdade afgeneem.
Netwerk24 berig volgens die syfers is die Vrystaat die enigste provinsie waar motorkapings, seksuele misdade, roof met verswarende omstandighede, poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer afgeneem het.
The post MISDAADSYFERS: ‘VS EEN VAN VEILIGSTE PROVINSIES’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.