Zimbabwe se Zanu-PF-party is daarvan beskuldig dat hy doelbewus voedselhulp weerhou van opposisie-ondersteuners in gebiede wat weens die droogte deur hongersnood in die gesig gestaar word.
Die land se menseregtekommissie sê teenstanders van president Robert Mugabe is glo meegedeel dat hulle nooit enige voedselhulp sal kry nie.
Die voorsitter van die kommissie, Elasto Mugwadi, het in Harare die bevindings van ‘n ondersoek bekend gemaak en gesê lede van die regerende party maak hul die meeste skuldig aan oortredings in verband met die verspreiding van voedselhulp.
Mugabe het vroeër beskuldigings in dié verband ontken.
The post ZANU-PF-PARTY BESKULDIG DAT HY VOEDSELHULP WEERHOU appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.