
Noord-Korea het ‘n ballistiese missiel oor die Noord-Japannese eiland Hokkaido afgevuur.
Suid-Koreaanse owerhede sê die missiel is in die omgewing van die Noord-Koreaanse hoofstad, Pyongyang afgevuur.
Die Japannese eerste minister, Shinzo Abe het die voorval veroordeel en sê Japan sal nooit Noord-Korea se gevaarlike optrede duld nie.
Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Rex Tillerson het ook die voorval veroordeel, en sê dit oortree sanksies deur die Verenigde Nasies.
Dit volg na ‘n soortgelyke voorval op 29 Augustus, maar die missiel het dié keer hoër gevlieg en verder gevorder as die vorige een.
The post Missiel oor Noord-Japannese eiland afgevuur appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.