
Die DA is woedend omdat president Jacob Zuma die sogenaamde spioenasiebande-sage vir agt jaar uitgerek het, net sodat die NVG gister in die Appèlhof in Bloemfontein kon erken dat die besluit om 783 strafregtelike aanklagte teen hom te laat vaar, irrasioneel was.
James Selfe van die DA beskryf die proses as ‘n verregaande misbruik van die regstelsel.
Zuma se regspan is van plan om nuwe voorleggings aan die NVG te doen om die saak te laat vaar.
The post DA woedend oor misbruik van regstelsel appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.