
ABSA het ‘n aanvullende beëdigde verklaring by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien in sy saak om die Openbare Beskermer se bevindinge teen hom ter syde te laat stel.
Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane het bevind dat ABSA
voordeel getrek het uit meer as ‘n miljard rand wat tydens die apartheidsjare as ‘n reddingsboei aan Bankorp betaal is.
Mkhwebane het ABSA in Junie opdrag gegee om die geld terug te betaal wat die Reserwebank destyds gebruik het om Bankorp van finansiële ondergang te red.
Bankorp is later deur ABSA oorgeneem.
The post ABSA dien verklaring in teen OB se bevindinge appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.