
‘n 47-jarige man is in Randfontein in Gauteng in hegtenis geneem toe dagga ter waarde van R3 miljoen in sy besit gevind is.
Die polisie sê hulle het inligting ontvang dat ‘n vragmotorbestuurder vir ‘n vervoermaatskappy moontlik dagga vervoer.
Hulle het die vragmotor voorgekeer en die 300 kilogram se dagga tussen die vrag versteek gevind.
The post R3 miljoen se dagga gevind appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.