Die DA het die ANC daarvan beskuldig dat hy die mag van die Parlement ondermyn om president Jacob Zuma te beskerm.
Dit volg nadat die ANC gister ‘n DA-resolusie dat die parlement die beweerde kaping van die staat deur Zuma en die Gupta-familie ondersoek, verwerp het.
Die meeste opposisiepartye het die resolusie gesteun waarin gevra is dat ’n ad hoc-komitee aangestel moet word om die aantygings van staatskaping deur sekere individue en hul beweerde onbehoorlike invloed oor die regering te ondersoek.
DA-woordvoerder David Maynier het die ANC se optrede as skandalig bestempel.
The post “ANC ONDERMYN PARLEMENT OM ZUMA TE BESKERM” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.