Twee vermeende rowers is doodgeskiet en nog een gewond nadat hulle laat eergisteraand na bewering by ‘n huis op ‘n plaas in die Walkerville-omgewing, suid van Johannesburg, ingebreek het.
Die polisie sê die eienaar het wakker geskrik van glas wat breek en hom in ‘n gewapende man vasgeloop toe hy ondersoek gaan instel het.
Hy het daarin geslaag om die man se vuurwapen af te neem en hom doodgeskiet.
Hy het daarna verskeie skote deur ‘n venster na buite geskiet en nog twee verdagtes raakgeskiet, voordat hy die polisie ontbied het.
The post 2 INBREKERS DOODGESKIET OP PLAAS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.