Die minister van Finansies, Pravin Gordhan, sê die Nasionale Tesourie meen daar is geen noodsaaklike rede vir ’n geregtelike kommissie van ondersoek nadat Suid-Afrika se vier grootste handelsbanke hul bande met die Gupta-familie verbreek het nie.
Die presidensie het hom verlede week gedistansieer van ‘n verklaring deur die minister van Minerale Bronne, Mosebenzi Zwane, dat die kabinet so ’n ondersoek goedgekeur het.
Gordhan het in Kaapstad gesê die land se howe bied reeds ’n toevlug vir maatskappye wat ontevrede met die banke is en daar is ook institusionele meganismes om sake reg te stel indien daar ernstige klagtes is.
Gordhan het ook gesê sy behandeling deur die Valke is buite verhouding, terwyl daar mense is wat miljoene rand steel en daarmee wegkom.
Hy het gesê hy is nie bo die reg verhewe nie, maar wil weet wat hy verkeerd gedoen het.
The post ‘GEEN REDE VIR KOMMISSIE VAN ONDERSOEK OOR BANKE’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.