
Die vermeende ontvoerders van ʼn sakeman van Kaapstad is in hegtenis geneem kort nadat sy familie ʼn losprys van R100 000 vir sy vrylating betaal het.
Die sakeman is Saterdag in Monte Vista ontvoer.
Die ontvoerders het die man se familie genader en ʼn losprys van R1 miljoen vir sy vrylating geëis.
Die polisie het die verdagtes in Bloekombos in Kraaifontein aangekeer kort nadat die man vrygelaat is.
Die sakeman is na ʼn hospitaal geneem om ondersoek te word.
The post Sakeman ontvoer: Verdagtes gearresteer appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.