
Die polisie in Gauteng is steeds op soek na die vyf rondloperleeus wat Vrydagaand in Fochville in Gauteng gewaar is.
Die polisie het vroeër ʼn waarskuwing vir inwoners van dié dorp uitgereik om op die uitkyk te wees vir die leeus.
Die volwasse leeumannetjie en vier jonger leeus het glo van ʼn natuurbewaringsorganisasie in die omgewing ontsnap het.
Die polisie se Kapt. Appel Ernst, het aan Maroela Media gesê die polisie weet tans nie waar die leeus hulle bevind nadat hulle Vrydagaand op ʼn plaas gesien is nie.
The post 5 rondloperleeus steeds gesoek appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.