
Die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie hou vol dat al sy kampusse vandag sal oop bly nadat ‘n aantal lesingsale met petrolbomme aan die brand gesteek is op die kampus in Kaapstad.
Die brandweer het die skade beperk.
Die instelling skryf die voorval toe aan ‘n klein groepie studente wat die eksamen probeer ontwrig.
Privaat sekerheidswagte en die polisie het groepe betogers met skokgranate en rubberkoeëls verwilder.
The post Petrolbomme op Kaapse kampus appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.