
Kevin Anderson van Suid-Afrika het met sewentien posisies na vyftiende op die wêreldranglys opgeskiet na sy indrukwekkende vertoning op die Amerikaanse Ope, waar hy in die eindronde teen die wêreld se voorste speler verloor het.
Rafael Nadal van Spanje is steeds eerste nadat hy in New York sy sestiende grand slam-titel ingepalm het en die Switser Roger Federer is nou tweede.
Die beseerde Andy Murray van Brittanje het afgeskuif na derde plek, met die Duitser Alexander Zverev nou vierde en Marin Cilic van Kroasië vyfde.
Pablo Carreño Busta van Spanje is die eerste keer in sy loopbaan onder die top tien nadat hy in die halfeindronde op Flushing Meadows teen Anderson verloor het.
The post Kevin Anderson nou 15de op wêreldranglys appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.