Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

SAUK-8 : Hlaudi aanspreeklik vir onregmatige afdanking

$
0
0
Rosestad 100.6 Nuus UITSPRAAK TEEN HLAUDI-AANSTELLING VANDAG GELEWER

Die arbeidshof in Johannesburg het sopas beslis dat Hlaudi Motsoeneng, die SAUK en Simon Tebele aanspreeklik gehou word vir die onregmatige afdanking van die SAUK-8 verlede jaar.

Volgens die hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, Anton van der Bijl, is hierdie uitspraak ʼn oorwinning vir elke Suid-Afrikaner.

Van der Bilj sê dit onderstreep die nodigheid dat staatsamptenare, ongeag hoe hoog en magtig hulle hulself ag, aanspreeklik gehou moet word vir hul besluite.

Hy sê dit bevestig ook die basiese beginsels van deursigtigheid en verantwoording, soos uiteengesit in die Grondwet.

“Ons is verheug oor die uitspraak, wat ook as presedent sal kan dien teen soortgelyke staatsamptenare,” het Van der Bijl gesê.

Motsoeneng het ná die uitspraak met Solidariteit gepraat en sê hy het geen spyt nie. Hy praat ook oor die oorlede Suna Venter en sê hy sien die vakbond weer in die hof om te appelleer.

The post SAUK-8 : Hlaudi aanspreeklik vir onregmatige afdanking appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!