Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Hondjie in vragmotor vasgebind

$
0
0

‘n Vervoermaatskappy word ondersoek vir dieremishandeling nadat ‘n vasgebinde hondjie in ‘n vragmotor gevind het wat vanaf dié buurland ingesmokkel sou word.

Die doeane het ‘n kartonhouer in die vragmotor gevind met ‘n Afrikanis-tipe hondjie in.

Die DBV se senior inspekteur, Reinettee Meyer, sê al vier sy pote was met ‘n tou was vasgebind. Die hond het ook ‘n ketting om sy nek gehad en was styf vasgebind sodat hy glad nie kon beweeg nie.

“Ons sal alles in ons vermoë doen om die skuldige persone aan die pen te laat ry”

Doeane beamptes aan die Suid Afrikaanse kant van die Lesotho grens het die hondjie konfiskeer en na die DBV Bloemfontein geneem waar hy nou in veilige bewaring is.

Meier sê die eienaar van die vervoermaatskappy het glo die vragmotorbestuurder gevra om die hondjie na Suid Afrika te smokkel.

Klagtes van dieremishandeling word teen die eienaar van die vervoermaatskappy en die drywer van die vragmotor ondersoek.

Meyer sê dit is totaal en al onaanvaarbaar om ‘n dier in sulke omstandighede te vervoer.

“Ons sien dit in ‘n baie ernstige lig en sal alles in ons vermoë doen om die skuldige persone aan die pen te laat ry.”

The post Hondjie in vragmotor vasgebind appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!