
Die Wes-Kaapse departement van Paaie en Openbare Werke sê die padwerke op die N1 in Kaapstad is 38% voltooi.
Daar word tans gewerk aan die roete tussen Plattekloofweg en Old Oak-weg.
Die projek kos R487 miljoen.
Woordvoerder Byron la Hoe sê die eerste deel, wat die verbreding van die middelman en die aanbring van relings insluit, sal volgende maand voltooi wees.
The post Kaapstad: Padwerke op N1 is 38% voltooi appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.