
Die DA-parlementslid Mike Waters sê Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane se prioriteite is nie reg nie.
Sy oorweeg dit om strafregtelike klagtes teen hom in te dien omdat hy na bewering voortydig die bevindings van ‘n voorlopige verslag oor die minister van Staatsveiligheid, David Mahlobo, bekend gemaak het.
Dit het ook glo daarop gesinspeel dat Mkhwebane se kantoor nie enigiets ongerymds teen Mahlobo kon vind nie.
Waters sê hy is uiters teleurgesteld dat Mkhwebane tyd het om hom te dreig in plaas daarvan om haar tyd en bronne teen staatskaping aan te wend.
The post “OB se prioriteite is nie reg nie” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.