Tennisnuus van die Amerikaanse Ope in New York is dat die verdedigende vrouekampioen, Serena Williams, alles in die stryd gaan werp in haar poging om Saterdag die Grand Slam-titel ‘n rekordgetal van 23 keer in te palm en daarmee Steffi Graf se rekord van 22 oorwinnings verby te steek.
Williams kom môre in een van die halfeindwedstryde teen Karolina Pliskova van Tsjeggië te staan nadat sy gesukkel het om Simona Halep van Roemenië te klop.
In die ander halfeindwedstryd speel die tweede gekeurde Angelique Kerber van Duitsland teen die Deen Caroline Wozniacki.
The post NEW YORK OPE: SERENA SOEK DIE REKORDGETAL appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.