![Tienermeisie van Bfn sterf by Kampsbaai](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-481.png)
’n Tienermeisie van Bloemfontein is Saterdag dood nadat sy by Kampsbaai
deur ’n brander van die rotse langs die see afgeslaan is.
Netwerk24 berig die tiener het saam met vriende op die rotse gestaan toe ’n brander haar oorweldig het.
Volgens Craig Lambinon, woordvoerder van die nasionale seereddingsinstituut, is menseredders dadelik na die toneel ontbied.
Die tienermeisie is deur lede van die publiek uit die see gehaal en mond-tot-mond-asemhaling is op haar toegepas.
Sy is na die New Somerset-hospitaal geneem waar sy dood verklaar is.
The post Tienermeisie van Bfn sterf by Kampsbaai appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.