![Bell Pottinger se bestuurshoof bedank](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-480.png)
Die DA sê die bedanking van Bell Pottinger se bestuurshoof, James Henderson, is nie ‘n heldedaad nie, omdat hy 40% van dié Britse skakelmaatskappy besit.
Henderson se bedanking kom terwyl die Britse Vereniging vir Skakelwese en
Kommunikasie vandag vergader oor Bell Pottinger se appél.
Die DA het vroeër ‘n aanklag teen die skakelmaatskappy ingedien en die Britse vereniging het die DA se klag gehandhaaf.
Bell Pottinger word daarvan beskuldig dat hy rassespanning in Suid-Afrika aangeblaas het terwyl hy skakelwerk vir die Gupta-familie en Oakbay
Beleggings gedoen het.
Die Britse Vereniging vir Skakelwese maak môre sy beslissing oor die appèl bekend.
The post Bell Pottinger se bestuurshoof bedank appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.