![SAUK: Befondsingsmodel, programme word hersien](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/4a5828b5b5af4db0d6fc0e8a3e9e9347-37-150x150.jpg)
Die voorsitter van die toesighoudingskomitee oor Kommunikasie, Humphrey
Maxhegwana, sê hulle sal vandag onder meer sake soos die logistiek vir die
onderhoude met kandidate op die kortlys vir die SAUK se permanente raad
bespreek.
Die onderhoude word van môre tot Vrydag gevoer.
Volgens Maxhegwana sal hulle nie die verslag bespreek wat die Speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, na die komitee verwys het nie.
Die verslag bevat vyf name van persone wat moontlik die ondersoek na die SAUK mislei het.
The post SAUK-raad: Onderhoude begin môre appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.