![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-318-150x150.png)
President Jacob Zuma sal vanoggend die presidensiële koördineringsraad by
Tuynhuys in Kaapstad ontmoet.
Dié raad bestaan uit al die premiers en burgemeesters.
Zuma sal Donderdag mondelinge vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord.
Die vrae sluit in ‘n vraag deur die IVP-parlementslid, Liezel van der Merwe oor senior regeringslui se beweerde betrokkenheid by geslagsgeweld.
Dit volg op ‘n uitlating deur die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini, ná die voorval van beweerde aanranding waarby
die voormalige Adjunkminister van Hoër Onderwys, Mduduzi Manana, in ‘n
Johannesburgse nagklub betrokke was.
The post Zuma gaan die presidensiële koördineringsraad ontmoet appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.