![Brandstigting by raadslid se huis veroordeel](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-459.png)
Die Oos-Kaapse regering het die brandstigting by die huis van ‘n stadsraadslid van Buffalo City veroordeel waarin haar gestremde dogter dood is.
Nokulunga Matiwane en haar man is verlede week in hegtenis geneem en die polisie soek na haar seun nadat twee sangomas vroeër doodgeskiet is.
Die dodelike geskil het na bewering uitgebreek nadat een van die sangomas nie ‘n gunsloon aan die raadslid betaal het nie.
The post Brandstigting by raadslid se huis veroordeel appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.