![4 leerders vas vir geweld, aanranding by skool](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/fotolia_buy_vesy-8.jpg)
Vier leerders van ‘n hoërskool in Richardsbaai aan die KwaZulu-Natalse
noordkus is in hegtenis geneem nadat geweld verlede week by die skool uitgebreek het.
Twee videogrepe wat op sosiale media versprei word toon hoe ‘n groep
leerders mekaar met wapens by die skool aanval.
Die polisie het onder meer op ‘n vuurwapen en ‘n kapmes by die skool beslag gelê.
Die polisie sê drie seuns is op borgtog van R300 elk vrygelaat nadat hulle op aanklagte van aanranding verskyn het.
Die vierde verdagte, ‘n 22-jarige man, sal vandag in die hof verskyn.
The post 4 leerders vas vir geweld, aanranding by skool appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.