![Banke gewaarsku oor Manyi](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-440.png)
Die voorsitter van die Vryheidsfront Plus, Anton Alberts, het banke gemaan
om versigtig te wees om rekeninge vir Mzwanele Manyi se maatskappy te open.
Dit volg op die nuus dat Manyi die televisiekanaal ANN7 en die New Age-koerant by die Gupta-familie gekoop het.
Alberts sê alles dui daarop dat die transaksie vals is en slegs afstand tussen die Guptas en banke wil skep deur rekeninge in Manyi se naam te open.
Hy sê die geld is waarskynlik deel van fondse wat onregmatig bekom is, soos vervat in die Openbare Beskermer se verslag oor staatskaping.
Volgens Alberts moet die Finansiële Inligtingsentrum bepaal waar die geld
vandaan kom, indien Manyi enige nuwe bankrekening sou open.
Die gewese minister van Finansies, Pravin Gordhan, het intussen die
parlementêre komitee op Openbare Ondernemings gewaarsku dat daar vinnig
opgetree moet word met die ondersoek na die bewerings van die kaping van
staatsinstellings.
Dit volg nadat die omstrede Gupta-familie begin het om bates te verkoop, insluitend die mynmaatskappy Tegeta en die mediamaatskappye ANN7
en The New Age.
Ander lede van die komitee glo ook die Guptas kan landuit gaan om te verhoed dat hulle aan die Parlement moet rekenskap gee
The post Banke gewaarsku oor Manyi appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.