![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/SAL-150x150.jpg)
‘n Woordvoerder van die Tesourie sê die verkoop van aandele in die landlynverskaffer Telkom vir ‘n reddingsboei aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens, is slegs een opsie om die lugdiens te probeer red.
Die woordvoerder, Mayihlome Tshwete, sê geen finale besluit is nog geneem nie.
Hy het gereageer op media-navrae ná die DA se bekendmaking van ‘n dokument oor die voorgenome verkoop van Telkom-aandele om ‘n reddingsboei vir die SAL te kan bied.
Die DA-LP Alf Lees het die inligting gister in die Parlement bekend gemaak tydens adjunkpresident Cyril Ramaphosa se vraesessie.
The post ‘Verkoop van aandele kan dalk SAL red’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.