Vanjaar se Gee-Om sal ook terug gee aan boere wat in nood verkeer.
Die projek werk reeds nou saam met Vrystaat Landbou om sosio-ekonomiese behoeftes van die provinsie se boere aan te spreek.
Aangesien Vrystaat Landbou met voer en water kan help, sal Gee-Om die publiek vra om met kos, klere, vereffening van skoolfondse, mediese rekeninge, brandstof uitgawes en nog meer te help.
Behoeftes word deur verskeie Boereverenigings gëidentifiseer en aan Gee-Om deurgegee.
Indien jy ‘n bydrae wil maak tot die verligting van boere se omstandighede, kan jy ‘n epos stuur met die besonderhede van jou bydrae aan gee@rosestad.co.za.
Luister na die potgooi-opname deur Jaco de Wet, Rosestad Gee-Om projekleier, vir meer:
The post GEE-OM WIL OOK SOSIO-EKONOMIESE OMSTANDIGHEDE VAN BOERE AANSPREEK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.