![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-434.png)
Vodacom onderneem om alle kliënte wat geraak word deur die verdwyning van lugtyd en data te vergoed nadat talle gisteraand hul misnoeë op sosiale media gelug het.
Die maatskappy sê hulle is daarvan bewus dat sommige kliënte nie gekoopte databondels kon gebruik nie en dat mense kennisgewings gekry het dat hul lugtyd uitgeput is.
Vodacom vra verskoning vir die ongerief en sê hul tegnici het die probleem opgelos.
The post Verdwyning van lugtyd, data: Vodacom vra om verskoning appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.