Die vier vroue wat saam met amptenare van die destydse Mangaung-munisipaliteit bedrog van meer as R16 miljoen gepleeg het, sal die res van hul vonnisse as korrektiewe toesig uitdien.
Die Vrystaatse hooggeregshof het die besluit bekragtig nadat Evodia Kok, Givenchy Hoffman, Brigitte Silwana en Buyelwa Khethelo elk ‘n derde van hul vonnisse van sewe jaar tronkstraf effektief uitgedien het.
Netwerk24 berig regter Jake Moloi het vandeesweek gelas dat hulle die res van hul vonnis tot 25 Februarie 2021 buite die tronk uitdien.
Dit volg op ’n aanbeveling van die departement van korrektiewe dienste.
Elkeen van hulle moet nou vir die res van hul vonnis tien uur gemeenskapsdiens per maand verrig.
The post 4 VROUE UIT OP KORREKTIEWE TOESIG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.