Die hofverskyning van die drie vermeende plaasaanvallers van Brandfort in die Vrystaat wat die 70-jarige Carl Gutter aangeval het, is gister weer uitgestel tot Maandag.
Een van die beskuldiges het in die hof siek geword en die hofverrigtinge is stopgesit.
Die drie beskuldigdes kom voor op aanklagte van poging tot moord en poging tot gewapende roof.
Gutter is verlede maand op sy plaas Palmietfontein in die distrik Brandfort aangeval.
Hy het een van die vier aanvallers in ‘n skermutseling raakgeskiet.
Netwerk24 berig hy is later op pad na die hospitaal aan sy skietwond dood.
The post HOFSAAK VAN 3 PLAASAANVALLERS WEER UITGESTEL appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.