Die saak teen drie jong mans van Simonstad wat daarvan aangekla is dat hulle in Julie vuurwapens uit die vloot se vuurwapenopslagplek in Simonstad gesteel het, is gister in die landdroshof in Simonstad na die landdroshof in Wynberg oorgeplaas.
Duncan Gouvias en Dilon Sewkumar moet tot hul volgende hofverskyning op 14 Oktober in die Pollsmoor-gevangenis bly.
Die derde beskuldigde, Karabo Ramokgopa, is tans uit op borgtog van R3000.
![WAPENS BY VLOOTBASIS GESTEEL: 2 IN AANHOUDING](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/415c39e7032e45dcb1e9b4d8de11d19b-150x150.jpg)
![WAPENS BY VLOOTBASIS GESTEEL: 2 IN AANHOUDING](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/d7ad64d0c4214cd7bb7356d270f74464-150x150.jpg)
The post WAPENS BY VLOOTBASIS GESTEEL: 2 IN AANHOUDING appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.