AfriForum gaan vandag 115 ton se droogtevoer aan boere in die Vrystaat en Noordwes skenk.
Dié skenking is moontlik gemaak deur bydrae van die publiek sowel as donasies van twee Nederlandse organisasies; Woord en Daad en Hulp bij Bijzondere Noden.
Volgens die nasionale woordvoerder van AfriForum, Henk Maree, maak dié aksie deel uit van AfriForum se droogtehulpprojek.
Volgens Maree is daar op 1 September reeds 85 ton voer aan boere in die suide van die Vrystaat geskenk nadat AfriForum vroeër boere wat voer nodig het, aangemoedig het om die burgerregte-organisasie om droogtehulp te nader.
Teen vandag sal AfriForum dus 200 ton se voer aan boere in nood verskaf het.
The post 115 TON DROOGTEVOER AAN BOERE GESKENK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.