![Smith voor tugkomitee oor rooikaart](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-384-150x150.png)
Die Lions se flank, Kwagga Smith, sal vandag voor ʼn tugkomitee van Sanzaar verskyn, nadat hy tydens die Superrugby-eindstryd teen die Crusaders met ʼn rooikaart van die veld afgestuur is.
Die Nieu-Seelanders het die wedstryd met 25-17 gewen.
Smith het die kaart net voor rustyd ontvang nadat hy in die lug kontak gemaak het met die heelagter David Havili.
Hy word aangekla in terme van die gevaarlike doodvat-reël.
The post Smith voor tugkomitee oor rooikaart appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.