![Nkandla: Party-leiers vergader met speaker oor hofuitspraak](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gregh-Nicolson-on-Baleka-Mbete-6-150x150.jpg)
Die speaker van die Parlement, Baleka Mbete, sal vanmiddag haar besluit bekend maak of die stemming in môre se debat oor die mosie van wantroue in president Jacob Zuma in die geheim sal wees al dan nie.
Mbete het vir halfvier ʼn mediakonferensie belê in die Goeie Hoop-kamer in die Parlement.
Intussen het die Suid-Afrika Eerste-forum die opvatting verwerp dat die stemming ʼn poging is om die ANC as meerderheidsparty in die parlement te ontsetel.
Die forum lê daarop klem dat dit slegs Zuma is wat sy pos sal moet ontruim indien die stemming ten gunste van die mosie is.
Kabinetslede sal moet bedank, maar hulle bly LP’s en kan weer aangestel word deur die ANC wat die meerderheidsparty is.
The post Mbete sal besluit bekend maak appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.