Minstens drie mense is dood en duisende ander gered in oorstromings in die Amerikaanse staat, Louisiana.
Die nasionale wag en noodspanne het helikopters gebruik om mense wat in hul huise of motors gestrand was, te red.
Soektogte duur ook voort na mense wat vermis word.
Swaar reën het Vrydag begin uitsak en op sommige plekke is meer as 43 sentimeter reën gemeet.
Louisiana se goewerneur John Edwards het Vrydag ‘n noodtoestand afgekondig.
The post VSA: 3 dood, duisende gered in oorstromings appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.