Nog klagtes in verband met rioolprobleme in ‘n Vrystaatse munisipaliteit is by die polisie aanhangig gemaak.
Die VF Plus in Kroonstad het ’n strafregtelike klag teen die munisipale
bestuurder van die Moqhaka- plaaslike munisipaliteit ingedien waar rioolwater reeds maande in Kroonstad se strate loop.
Volgens die Vryheidsfornt Plus Jeannie Hattingh, moet die munisipale
bestuurder, Simon Mqwathi aanspreeklik gehou word vir die rioolprobleme.
Hatting sê dit is ‘n skending van die inwoners van die dorp se grondwetlike reg tot ’n veilige omgewing.
Die DA in die Mangaung Metro-munisipaliteit het verlede week soortgelyk klagtes teen die bestuur van die metro by die polisie ingedien nadat rioolprobleme in Bloemfontein ook nie opgelos word nie.
The post Riool steeds ‘n probleem in Kroonstad appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.