![Beleidskonferensie: ANC sal inligtingsessies hou](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-232-150x150.png)
Die Vryemarkstigting sê die vermindering van die getal provinsies van nege tot ses is teen die wet en ʼn belediging vir demokrasie.
Die ANC het tien jaar gelede ʼn plan saamgestel om die getal provinsies te verminder en voorgegee dat ʼn poging is om dienslewering te verbeter.
By die party se beleidskonferensie verlede maand, is die voorneme herhaal en ʼn beroep gedoen op die samestelling van ʼn presidensiële kommissie om hiermee te handel.
Die stigting sê die optrede is ʼn uitnodiging vir onsekerheid en onvoorspelbaarheid en daar kan dus geargumenteer word dat dit ʼn oortreding van die oppergesag van die reg en die Grondwet is.
The post “Vermindering van getal provinsies is teen die wet” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.